VINPRO NUUS: COVID-19 INPERKING #9 9 APRIL 2020

Q&A OOR WYNUITVOERE

Die Uitvoerderstaakspan van die Suid-Afrikaanse wynbedryf gee hiermee duidelikheid oor besonderhede rakende die vrystelling wat die Suid-Afrikaanse regering bied om die uitvoer van wyn toe te laat volgens die Staatskoerant wat op 7 April 2020 gepubliseer is.

Dit is ons interpretasie, as bedryf, dat toestemming verleen is dat voltooide wynprodukte (in grootmaat en verpak) wat tans in die hawe is uitgevoer mag word, en van kelders en store na hawens en lughawens vervoer mag word om uitgevoer te word.

Lees meer in die COVID-19 Q&A: Wine exports hier:
Laai PDF af
Lees aanlyn

Ons wil die erns van die globale Covid-19-pandemie weer beklemtoon en vra dat elke onderneming en persoon in ons bedryf die regulasies soos uiteengesit deur die Suid-Afrikaanse regering streng nakom en ekstra voorsorgmaatreëls tref om die veiligheid van hul werknemers te verseker tydens die 21 dae-sluiting.

Ons doen dan ook ʼn beroep daarop dat u vertroud raak met die laaiprosedures in pakhuise en die voorkomende maatreëls rondom beide verpakte en grootmaatuitvere, wat by die Q&A ingesluit is.

Ons bedank u vir die positiewe terugvoer tot dusver. Indien u enige navrae het, kan u dit aan die onderstaande kontakbesonderhede rig

Vriendelike groete,

Vinpro

tel:      +27 (0)21 276 0429
e-pos:  info@vinpro.co.za
web:    www.vinpro.co.za
Vinpro, Ceciliastraat, Suider Paarl, 7646

Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*
*