VINPRO COVID-19 NUUS: 25 MAART 2020 MAGTIGINGSBRIEF-TEMPLAAT

Terwyl ons vir amptelike terugvoer van die onderskeie regeringsdepartemente wag rondom die toegelate aktiwiteite gedurende die nasionale staat van inperking, deel ons die volgende.

Laai hiermee ʼn magtigingsbrief-templaat af wat u kan voltooi (met u besigheids- of persoonlike briefhoof), druk en aan werknemers kan voorsien wat vir werksdoeleindes moet reis vanaf middernag op 26 Maart 2020 tot middernag op 16 April 2020.

Agri SA Agri WK Vinpro lockdown employment letter – Word
Agri SA Agri WK Vinpro lockdown employment letter – PDF

Die templaat is opgestel deur Agri SA, in samewerking met Agri Wes-Kaap en Vinpro se logo is vir gebruik deur die wynbedryf ingesluit.

Let asb daarop dat daar wysigings mag voorkom na amptelike korrespondensie van die regering, en ons onderneem om enige verdere inligting aan u deur te gee soos en wanneer dit beskikbaar is.

Rig gerus navrae aan info@vinpro.co.za

Vriendelike groete,

Vinpro
tel:      
+27 (0)21 276 0429
e-pos:  info@vinpro.co.za
web:    www.vinpro.co.za
Vinpro, Ceciliastraat, Suider Paarl, 7646

Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*
*