VINPRO COVID-19 NUUS: 24 MAART 2020 #2

Soos vroeër vandag per e-pos aan u genoem is, het die wynbedryf, saam met ons vennote in landbou, deur die loop van vandag omvattende gesprekke met die regering gehad oor die praktiese implikasies van die nasionale staat van inperking vir die wynbedryf-waardeketting.

Die gesprekke het op drie aspekte gefokus, naamlik produksie, verspreiding en die verkoop van alkoholiese produkte.

Ons glo dat die bedryf se stem gehoor is en het positiewe terugvoer van die regering in hierdie verband ontvang. Ons kan egter geen besluite implementeer voordat ons nie die nodige amptelike regeringsdokumentasie ontvang het wat die bedryf se aktiwiteite vanaf middernag op 26 Maart 2020 tot middernag op 16 April 2020 sal reguleer nie.

Intussen wil ons graag hê dat u vertroud moet raak met die inhoud van die volgende:

  • Joint statement from Vinpro, Salba and the Beer Association of South Africa: Feedback on alcohol industry discussions regarding COVID-19 – lees hier
  • Minister of Trade, Industry and Competition, Mr Ebrahim Patel: Government’s intervention measures on Coronavirus – lees hier
  • Minister of Agriculture, Land Reform and Rural Development, Ms. Thoko Didiza: A Message to the Agriculture and Food Sector of South Africa – lees hier

Ons wil graag beklemtoon dat ons President Ramaphosa se besluite onderskryf om die veiligheid van ons landsburgers te verseker en wil ʼn beroep op elkeen van ons lede en bedryfsvennote doen om die regulasies na te volg soos deur die regering gedikteer word.

Ons vra ook dat u met respek, eienaarskap en verantwoordelikheid omgaan met enige toegewings wat die regering aan ons bedryf mag toestaan.

Ons wil u elkeen bedank vir u geduld gedurende hierdie onsekere tyd en versoek dat u kalm bly en verantwoordelik is in alle aksies en kommunikasie oor die volgende paar dae.

Ons sal enige verdere, en veral amptelike, inligting in hierdie verband deur die loop van more met u deel.
Volg ook gerus enige nuus en verwikkelinge by:
https://www.wineland.co.za/covid-19-info/

Vriendelike groete,

Vinpro
tel:      
+27 (0)21 276 0429
e-pos:  info@vinpro.co.za
web:    www.vinpro.co.za
Vinpro, Ceciliastraat, Suider Paarl, 7646

Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*
*