VINPRO COVID-19 NUUS: 23 MAART 2020

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is, net soos die res van Suid-Afrika en die wêreld, is besig om by die “nuwe normaal” aan te pas na die uitbraak van COVID-19, asook die verklaring deur President Ramaphosa op 15 Maart 2020 dat Suid-Afrika in ʼn ramptoestand is.

Vinpro was gedurende die afgelope week deurlopend in gesprek met georganiseerde landbou (Agri Wes-Kaap, Agri-SA en AgBiz, met ook insette na Nedlac), asook die groter Suid-Afrikaanse drankbedryf (ABInbev, SAB, Pernod Ricard, Distell, Heineken, Diageo, Vinpro en SALBA), waar alle moontlike kwelpunte soos parstyd, hawens, logistiek, wyntoerisme, afgekondigde besigheidsure, getalle op persele en aktiwiteite soos troues en registers wat bygehou moet word, deurgegee en bespreek is.

Die drankbedryf sou vanoggend ʼn vergadering met die Minister van Polisie, Bheke Cele, hou om hierdie aangeleenthede te bespreek, maar dis vroegoggend gekanselleer weens ʼn dringende kabinetsvergadering wat om 09:00 sou plaasvind.

Uiteraard is ons deeglik bewus van die magdom praktiese uitdagings, asook monetêre impak op die SA Wynbedryf, insluitende oestyd en alles wat daarmee saamgaan, maar meer nog die impak op verkoopsvolumes en die rimpeleffek op wynbesighede en hul onderskeie produsentelede.

Die wyn- en wingerdstem word dus so volledig moontlik na die regering deurgegee, maar die realiteit van ʼn globale pandemie en dit wat besig is om regoor die wêreld en tot hier by ons in Suid-Afrika uit te speel, dikteer egter alle regeringsoptrede.

Vinpro en die ander besigheidseenhede sal deurlopend die jongste inligting en aankondigings bywerk en ons lede regstreeks ingelig te hou op hierdie
WEB PORTAAL: https://www.wineland.co.za/covid-19-info.

Volg gerus die verwikkelinge hier en kontak ons by info@vinpro.co.za indien u vrae het oor enige aangeleenthede wat nie op bogenoemde blad aangespreek word nie.

Groete en sterkte aan almal vir die week.

Vinpro
tel:      
+27 (0)21 276 0429
e-pos:  info@vinpro.co.za
web:    www.vinpro.co.za
Vinpro, Ceciliastraat, Suider Paarl, 7646

Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*
*