Agri SA: opname oor die impak van die inperking op besighede

Agri SA doen tans ‘n opname oor die impak van die inperking op besighede tydens die wรชreldwye COVID-19-pandemie en vereistes vir heropening. Ons wil ‘n beroep op elkeen van ons kelderlede doen om deel te neem om te verseker dat die wynbedryf se realiteite ook hierby ingesluit word.

Voltooi asseblief die aanlyn-vraelys van Agri SA oor die impak van die inperking op besigheid en vereistes vir heropening deur hierdie skakel te volg:

Agtergrond:
Die doel van hierdie vraelys is om in samewerking met die Handels- en Nywerheidsbeleidstrategieรซ (TIPS) en BUSA aan te dui wat die impak van die inperking op produksie is. Agri SA sal die antwoorde op hierdie vraelys ontvang en die saamgestelde antwoorde aan BUSA stuur. Die resultate sal gebruik word om maniere te identifiseer waardeur kostes verlaag kan word, asook maniere waarop die voordele van beperkings op ekonomiese aktiwiteit wat uit pogings om die pandemie te beveg vloei, maksimaal aangewend kan word.

Beantwoord asseblief so volledig as moontlik; lewer gerus kommentaar op enige van die vrae. As die vrae onduidelik is, kontak Neva Makgetla by 079 516 0450 of neva@tips.org.za. Inligting sal slegs in ‘n anonieme vorm gepubliseer of in die dokumentasie opgeneem word, waar die onderneming nie geรฏdentifiseer kan word nie, tensy u anders aandui.

Ons bedank u by voorbaat vir u samewerking.

Vriendelike groete,

Share this Post

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*
*